Om te leef.
Die lewe is ‘n ongelooflike lied wat wag om gesing te word
wanneer helder gedagtes sonder doel ronddraai
en inspirasie die ritmes van my hartklop versteur,
wanneer opgewondheid my liggaam bedwelm -
my bewussyn kontamineer met idees,
wanneer emosies my siel verblind
met ‘n intense waardering vir dit wat is.
Dan besef ek wie ek is:
‘n Nietige mens met ‘n begeerte om te verstaan.
Om te skep.
Om te leef.

, an awesome brand started by South African entrepeneur 


